Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Klipkoppie" deur D.J. OPPERMAN
"Klipkoppie" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42448] Ma, 21 Mei 2001 17:59 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Klipkoppie
Uit " Kroniek van Kristien."

Terug in haar eie liggaam het Kristien
die drang geken om God anders te dien:
sy voel geroepe na 'n afgeleë streek
om vir die klippe op 'n kop te preek.
Daar aangekom was hulle bot en stil,
maar met die omdraai hoor sy 'n gegiggel
agter haar; toe kyk sy skielik om
en sien hoe hulle terugruk tot 'n stom
gemeente wat binnensmonds gesels en spot.
Maar gedagtig aan die woord van God
sit sy stil en trek binne haar liggaam
haar besproete arms en dun bene saam
tot 'n kuiken in die hulsel van sy dop
wat die groot son deur hom voel klop,
en later hang sy, een en onverdeel,
binne 'n eie ruimte net 'n eiergeel.
Toe sê sy : "Maak nou almal julle oë oop."
En in 'n wêreld, vloeiend en aaneengeloop,
kyk strak gesigte, party ovaal omhoog,
ander met 'n haaslip, ander met hol oog,
en op kort skilpadpootjies skuif hul nader
en hoor toe vir die eerste keer van hulle Vader.
Re: "Klipkoppie" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42457 is 'n antwoord op boodskap #42448] Ma, 21 Mei 2001 20:08 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Excellent!!! Fluit fluit klap klap!!!

Ek dink ek begin Opperman se tune kry, hoewel dié een nou weer heeltemal
anders is. Hy's nog die mooiste !
______________________________________________________

skryf in boodskap news:3B09583E.2ECFE080@home.com...
Klipkoppie
Uit " Kroniek van Kristien."

Terug in haar eie liggaam het Kristien
die drang geken om God anders te dien:
sy voel geroepe na 'n afgeleë streek
om vir die klippe op 'n kop te preek.
Daar aangekom was hulle bot en stil,
maar met die omdraai hoor sy 'n gegiggel
agter haar; toe kyk sy skielik om
en sien hoe hulle terugruk tot 'n stom
gemeente wat binnensmonds gesels en spot.
Maar gedagtig aan die woord van God
sit sy stil en trek binne haar liggaam
haar besproete arms en dun bene saam
tot 'n kuiken in die hulsel van sy dop
wat die groot son deur hom voel klop,
en later hang sy, een en onverdeel,
binne 'n eie ruimte net 'n eiergeel.
Toe sê sy : "Maak nou almal julle oë oop."
En in 'n wêreld, vloeiend en aaneengeloop,
kyk strak gesigte, party ovaal omhoog,
ander met 'n haaslip, ander met hol oog,
en op kort skilpadpootjies skuif hul nader
en hoor toe vir die eerste keer van hulle Vader.
Vorige onderwerp: Re: "Ek voel sexy" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "man ek luss 'n twakkie" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 12:49:39 MGT 2024